NewsNews

78-jarige van krans gered

Die bejaarde man se toestand is stabiel.

‘n Bejaarde man wie se liefde vir landskappe het so byna in ‘n tragedie verander toe hy die eerste keer die Mabola-berg in QwaQwa uitgeklim, en toe geval het.

Die 78-jarige Tumo Mahlangu, wat na die val op ‘n krans vasgekeer was, is vanmiddag tydens ‘n multi-dissiplinêre reddingsoperasie na veiligheid gebring.

Tumo het omstreeks 16:05 Maandagmiddag daarin kon slaag om per selfoon kontak te maak met die Phuthaditjhaba Gemeenskapsdienssentrum, waarna ’n reddingsoperasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Brandweer, Paramedici en Reddingsbeamptes van die Departement van Gesondheid se Noodmediese Dienste (EMS) en die Kollege vir Noodsorg van stapel gestuur is.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Lugvleuel het vanoggend, by die multidissiplinêre reddingspan aangesluit, wat K9-lede, brandbestryders, paramedici en reddingspesialiste ingesluit het.

Tumo is na die reddingsoperasie  na die Mofumahadi Manapo Mopeli Streekhospitaal vervoer. Sy toestand is stabiel en het hy ten spyte van sy noue ontkoming geen frakture of ernstige beserings opgedoen nie.

Die multi-dissiplinêre span besig met die uitvoer van die reddingsaksie. Foto: Verskaf
Die multi-dissiplinêre span besig met die uitvoer van die reddingsaksie. Foto: Verskaf

Tumo, wat van Tebang-dorp in Makoane afkomstig is, sê dat  natuurlike landskappe hom nog altyd gefassineer het.

Die Lugvleuel-bevelvoerder, kolonel Moeketsi Phiri, het  rolspelers wat gehelp het om Tumo na veiligheid te kon bring, bedank vir hul toewyding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button