Kom sing jou hart uit saam met Deo Gloria
Oudisies om lid van die besondere koor te word, word nou gehou.
Musiek is die taal van die hart. Dit bring mense saam. Kom sing jou hart uit saam met die baie bekende Deo Gloria-gemeenskapskoor.
Die koor bestaan reeds 28 jaar en is bekend vir sy tweejaarlikse Kerskonserte wat besoekers van heinde en ver lok. Vanjaar sal die koor se uitsonderlike Kerskonsert weer gehoor word met koor, orkes en soliste.
Koorleiers, Marli Kruger en Erna Rademan, nooi belangstellendes tussen 13 en 60
jaar om nou ‘n oudisie te doen om ‘n koorlid te word.
Jy kan Marli verkieslik per WhatsApp, by 082 4980 117 kontak om ‘n oudisie te reël. Mense met vorige koorondervinding sal voorkeur geniet.
Die koor oefen Maandae van 18:30-20:30 in Vredefort se NG Kerk, en sing hoofsaaklik klassieke en geestelike musiek



