Local newsNews

Steenhuisen bly as minister, maar nie weer verkiesbaar as DA-leier

Steenhuisen sê hy wil nie sy aandag verdeel tussen 'n verkiesingsveldtog en die Bek-en-klouseerkrisis nie.

DA-leier en minister van landbou, John Steenhuisen, het vanoggend in Durban amptelik aangekondig dat hy hom nie weer in April beskikbaar gaan stel as DA-leier nie. Hy bly egter aan as minister van landbou in die Regering van Nasionale Eenheid.

Steenhuisen het dit duidelik gemaak dat dit nie die einde van sy pad met die DA is nie.

Hy het ook gesê dat dit nou tyd is vir ‘n volgende generasie van leierskap.  “Ek is lief vir my party en ek is lief vir my land, en ek wil voortgaan om elke dag te werk om die sukses van beide te verseker,” het Steenhuisen gesê.

Steenhuisen het in 2020 by Mmusi Maimane oorgeneem as leier van die DA en het in sy termyn die DA na die Nasionale Vergadering gelei.

John Steenhuisen
John Steenhuisen

Volgens Steenhuisen wil hy as minister van landbou nou al sy aandag fokus op die Bek-en-klouseerkrisis, en sê hy dat dit nie regverdig sou wees om sy aandag te verdeel tussen die DA se verkiesingsveldtog wat voorlê , en die krisis wat die bek-en-klouseer uitbraak in die landboubedryf veroorsaak.

Hy het in sy toespraak uitgebrei oor die DA se suksesse en groei, en gesê dat sy misie by die DA voltooi is en hy al sy beloftes vir die party vervul het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button