Local newsNews
Verkenners deel melktert-lekkerte met bejaardes
Nasionale Melktertdag word elke jaar op 27 Februarie gevier.

Vandag was Nasionale Melktertdag en het Verkenners van Parys Voortrekkerkommando die heerlike soet bederf met bejaardes van die Sonskyn Tehuis in Parys gedeel.
Die mooi gedagte om op dié dag die melktertvreugde te deel, was dié van Jana van Wyk, span-offisier van die Luiperd-span, wat saam met een van die spanlede se mammas, Carla de Villiers-Malan, en die Verkenners gehelp het om genoeg melkterte bymekaar te maak om die bejaardes en personeel te kon bederf.
Hoop jy was ook vandag gelukkig om ‘n stukkie van die soet kaneelbederfie by die huis of werk te kon geniet.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



