Local newsNews

Vrystaatse vrou skuldig aan 75 klagtes van bedrog

Die klaer het as gevolg van die bedrog skade gelei van ongeveer R800 000.

Jacolene Hendricks (45) is op 12 Maart in die Kroonstadse landdroshof gevonnis nadat sy skuldig bevind is op 75 aanklagte van bedrog.

Die Valke se adjudant-offisier Fikiswa Matoti sê die skuldigbevinding spruit uit ’n interne ondersoek wat gedoen is na die finansiële sake van die Hansie Muller Besigheidstrust in Viljoenskroon. Dit het gevolg nadat sommige van die besigheid se kliënte aangedui het dat hulle deur die beskuldigde aangesê is om betalings vir aangekoopte goedere in ’n ander bankrekening te deponeer.

’n Saakdossier is geregistreer en later aan die Valke se eenheid vir Ernstige Handelsmisdaadondersoeke in Welkom oorhandig vir verdere ondersoek. Die ondersoek het aan die lig gebring dat die beskuldigde skuldeisers opdrag gegee het om geld wat aan die besigheid verskuldig was in haar persoonlike bankrekening te deponeer. Sy het verder pryse opgeblaas en, nadat sy betalings ontvang het, die oortollige bedrag vir haarself gehou terwyl sy die res na die besigheid se rekening oorgeplaas het.

As gevolg hiervan het die klaer  ongeveer R800 000 gely.

Mototi sê ’n dagvaarding is op 8 Augustus 2024 aan Hendricks beteken om op 29 Augustus 2025 voor die Kroonstad Landdroshof te verskyn.

Die hof het Hendricks daarna op 12 Maart skuldig bevind op 75 aanklagte van bedrog en haar tot agt  jaar gevangenisstraf gevonnis ingevolge Artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977, wat in geheel opgeskort is vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat sy nie gedurende die tydperk skuldig bevind word aan bedrog, vervalsing, gebruik van vervalste dokumente, diefstal of poging tot die pleeg van hierdie misdrywe nie.

Die hof het verder gelas dat sy R10 000 per maand vir 60 opeenvolgende maande moet terugbetaal totdat die bedrag van R600 000 volledig in die klaer se rekening betaal is.

Volgens Matoti is Hendricks nie onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit ingevolge Artikel 103(1) van die Wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000 nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button