Local newsNews

Bybelblokraai: Welkome geskenk en ‘n eerste vir Carina

Kyk uit vir die volgende Bybelblokraai in die Gazette van 19 Maart.

Carina van den Berg is die Februarie-wenner van die Bybelblokraai-kompetisie wat maandeliks deur AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word. Vir Carina was die vreugde groot, want nie net is Februarie haar verjaardagmaand nie, maar is dit die eerste keer in haar 71 jaar dat Carina ‘n kompetisie wen.

Sy vertel dat sy mal is oor blokraaisels en elkeen invul waarop sy haar hande kan lê. Die vraag – wie die mees misterieuse figuur in die Bybel is, het haar goed laat kopkrap in die blokraai.

Haar aanvanklike gedagte was dat dit Metusalem moet wees, maar uiteindelik het sy dié antwoord in haar blokraai reg gehad as Melgisedek.

Professor Marius Nel van die AGS Sion-gemeente oorhandig die boekprys aan Carina van den Berg.
Professor Marius Nel van die AGS Sion-gemeente oorhandig die boekprys aan Carina van den Berg.

Die boekprys wat sy ontvang het, was Die krag van gebed wanneer jy vrees deur Stormie Omartian. Kyk uit vir die volgende Bybelblokraai in die AGS Sion se advertensie in die Gazette-uitgawe van 19 Maart.

Om in te skryf is so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en te WhatsApp na die nommer wat in die advertensie gegee word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button