Local newsNews
Geen April-gekkegrap: Jy gaan hoes by die pomp
Naas die skerp styging in brandstofpryse wat vandag bevestig is, sal Suid-Afrikaners hulle ook in April moet regmaak vir hoër elektrisiteitstariewe soos vroeër aangekondig deur Nersa.
Met baie huishoudings wat alreeds die gordel styf trek is ‘n skerp brandstofstyging nou amptelik.
Die petrolprys vir 95 sowel as 93 oktaan styg môre, 1 April, met R3,06c per liter, en diesel word R7,37c per liter duurder vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05%. Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% styg met R7,51c per liter.

Daar is wel ‘n effense verligting met ‘n R3 verlagting in die brandstofheffing wat vandag deur die regering aangekondig is en ‘n selfs skerper styging in brandstofpryse afgeweer het.
Vir paraffien sal die groothandelprys nou R11,67c per liter wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



