Local newsNews

Verdagtes voor VS-hof ná hul probeer om leeuwelpies te verkoop

Die leeuwelpies is gevind en terugbesorg aan hul regmatige eienaar in Viljoenskroon.

Een van die verdagtes wat in Bothaville gearresteer is nadat hulle glo vier leeuwelpies teen R100 000 elk probeer verkoop het, sal môre weer in die hof wees vir ‘n formele borgaansoek.

Elias Moloi (36), en ’n polisie-administrasieklerk verbonde aan Bothaville SAPD, Mokete Elizabeth Dikoko (51), het Dinsdag reeds die eerste keer in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklagte van beweerde oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurs: Biodiversiteitswet 10 van 2004.

Hulle is saam met ’n 14-jarige minderjarige op 2 April in Bothaville in hegtenis geneem nadat lede van die Valke in Welkom gereageer het op inligting. oor persone wat leeuwelpies verkoop.

Tydens ‘n gesamentlike operasie deur lede van die Valke, die Taktiese Reaksiespan, die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum, die Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid, asook amptenare van die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, is die vier leeuwelpies gevind, en aan hul regmatige eienaar in Viljoenskroon waar hulle gesteel is, terugbesorg.

Dikoko is op borgtog vrygelaat en is ook onderhewig aan interne SAPD-dissiplinêre prosesse, het die Valke se luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli bevestig.

Moloi bly in aanhouding vir afhandeling van die formele borgaansoek. Die saak teen die minderjarige is na die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button