Local newsNews

Inligting sit polisie op die spoor van vermeende skaapdiewe

Twaalf skaapkarkasse is by die verdagtes gekry, en nog vier karkasse op die plaas waar die skape gesteel is.

Vier vermeende skaapdiewe is gisteroggend (Vrydag 10 April) naby Viljoenskroon deur lede van die Fezile Dabi Distrik Infrastruktuur Taakspan gearresteer.

Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani, sê lede van die Kroonstad Infrastruktuur-span het Donderdagaand inligting gekry oor individue wat na bewering beplan om skape van ‘n plaas langs die Vredefort/Kroonstad-pad te steel.

Die inligting is opgevolg en het polisielede omstreeks 05:30 Vrydagoggend ‘n verdagte bakkie sonder registrasienommers op die R76 naby Viljoenskroon opgemerk. Die voertuig is naby een van die plotte tot stilstand gebring, waar die vier verdagtes met 12 skaapkarkasse in hul besit gekry is.

Verdere ondersoek het die polisie na die plaas gelei waar die skape gesteel is, en is nog vier skaapkarkasse gekry.

Van die skaapkarkasse waarop beslag gelê is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Van die skaapkarkasse waarop beslag gelê is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

Die verdagtes tussen die ouderdom van 43 en 49 sal in die Kroonstadse landdroshof verskyn op klagte van veediefstal het Rani gesê. Die polisie het ook beslag gelê op die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button