Local newsNews

Parys Info & Tourism woeker vir dorp en toerisme

Jy kan die Info-kantoor skakel by 056 811 4 000, bel of WhatsApp 067 278 2860, die kantoor besoek te Breëstraat 85, of e-pos stuur na info@parysinfoandtourism.co.za

Hou gerus die Parys Info en Tourism se webblad en toerismesentrum in die dorp se hoofstraat dop – hier is dinge aan die gebeur!


Nie net het dié toerismekantoor ‘n pragtige nuwe en kleurvolle voorkoms gekry nie, maar is ‘n besoek aan die Parys Info- en Tourism kantoor deur en deur die moeite werd met vriendelike en bekwame personeel wat jou alles en nog wat van die dorp kan vertel – van akkommodasie tot restaurante, diensverskaffers, trou venues, gewilde toerisme aantreklikhede en avontuur aktiwiteite in en om Parys.


Daar is ook eersdaags ‘n uitstalling van die Vredefort Koepel wêrelderfenisgebied wat hier gesien kan word, en kan jy meer te wete kom van die dorp se geskiedenis. Selfs ‘n mini-kunsuitstalling deur die Parys Arts Association sal eersdaag hier besigtig kan word. ‘n Splinternuwe voorkoms van die Parys Info & Tourism webblad waaraan daar gewerk word, sal dit moontlik maak om ‘n lys van alle besighede in Parys vinnig en gerieflik byderhand te hê. Dit sluit besighede in Parys, Tumahole en Schonkenville in wat gratis gelys word, terwyl daar ook opsies is vir sakelui wat graag kruisverwysings na hul eie webtuistes, of meer inligting en foto’s op dié webblad wil hê.


Die hoofdoel is om Parys as die toerisme-bestemming van voorkeur te vestig, maar ook om die gemeenskap te betrek by die bemarking van Parys se ongelooflike toerisme-potensiaal.


Uiteindelik moet die gebruikersvriendelike webtuiste mense se eerste punt van verwysing wees met gereelde opdaterings om relevant te bly, gesels die Parys Info & Tourism-span. Daarom is dit dan ook belangrik dat sakelui sal seker maak hul korrekte kontakbesonderhede word deurgegee vir die webtuiste. Jy kan die Info-kantoor skakel by 056 811 4 000, bel of WhatsApp 067 278 2860, die kantoor besoek te Breëstraat 85, of e-pos stuur na info@parysinfoandtourism.co.za

Van die spanlede van Parys Info & Tourism voor die pragtige toerismesentrum in Parys se hoofstraat. Foto: Liezl Scheepers
Van die spanlede van Parys Info & Tourism voor die pragtige toerismesentrum in Parys se hoofstraat. Foto: Liezl Scheepers


Maak ook seker jy kyk elke week na die dagboek van gebeure vir Parys op die Parys Info & Tourism webtuiste.


Hier sal jy onder meer al die inligting kry oor die eerste Farmers Market wat op 9 Mei van 10:30 tot 12:30 by die Parys Info & Tourism sentrum perseel gehou word.


Alle besprekings en navrae oor die splinternuwe Crater Camino staproete is ook op die webtuiste beskikbaar.


Goeie nuus is dat die suksesvolle MooiParys projek voortaan deur Parys Info- en Tourism gedryf sal word met Breëstraat, Grewarlaan en Boomstraat wat weekliks voor die naweek skoongemaak sal word vir toeriste wat oor naweke na die dorp stroom.

Ook die administrasie van die 1919-brugprojek sal deur Parys Info & Tourism hanteer word, om so ook Stefanie Fourie en die vrywilligers wat help met die skoonmaak en instandhouding by Parys se bekende 1919-brug oor die Vaalrivier, se hand te versterk.


Kom loer in en gee jou insette vir dié gedrewe span wat hard werk om die prag van hierdie mooi dorp en sy mense te bemark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button