Nog ‘n skerp brandstofstyging, veral vir diesel, wag van Woensdag 6 Mei, vir verbruikers.
Diesel styg met R6,19 per liter, en petrol word R3,27 per liter duurder. Paraffien se prys verhoog met R4,22 per liter.
Dit beteken jy sal twee keer moet dink voor jy ry want na die brandstofverhoging gaan jy nou oor die R26 vir ‘n liter 95-oktaan petrol moet betaal. Die huidige prys is R23,36 per liter vir 95-oktaan petrol.
Diesel gaan jou rondom R32 per liter kos na die verhoging.
Dit ten spyte van die brandstofheffing verligting wat vroeër deur die regering verleng is juis om verbruikers te help met die druk van stygende brandstofpryse wat groot druk op huishoudings en industrieë plaas.



