Local newsNews

Voormalige munisipale hoof finansiële beampte en lewensmaat skuldig aan korrupsie

Vonnisoplegging sal op 6 Julie in die Vryburgse landdroshof geskied.

Morufa Moloto (39), voormalige hoof finansiële beampte van die Kagisano-Molopo Plaaslike Munisipaliteit, en haar lewensmaat, Letladika Ramotoka (41), is vandag in die Vryburg Landdroshof skuldig bevind aan korrupsie.

Hul skuldigbevinding spruit uit ’n korrupsiesaak van 2018 waarin Moloto ’n tender ter waarde van R185 000 aan haar lewensmaat se maatskappy, Thatsofatso Trading & Projects, toegeken het. Die munisipaliteit het R185 000 in Letladi Ramoroka se besigheidsrekening betaal vir die verskaffing en aflewering van agt skootrekenaars.

’n Intensiewe ondersoek deur die Ernstige Kommersiële Misdaadondersoekeenheid in Mmabatho het aan die lig gebring dat Moloto vyf bieërs geïgnoreer het wie se kwotasies laer was as dié van die suksesvolle bieër. Met die ondersoek is ook vasgestel dat R150 000 van Letladi Ramoroka se besigheidsrekening na die besigheidsrekening van Onalerena Consulting (Edms.) Bpk., waarvan Moloto die direkteur was, oorgeplaas is. Slegs R35 000 is gebruik om die agt skootrekenaars aan te koop.

Na afloop van die ondersoek is Moloto en Letladi in Julie 2024 in hegtenis geneem. Hulle het op aanklagte van korrupsie in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Die paartjie het verskeie hofverskynings gemaak tot hul uiteindelike skuldigbevinding, en is die saak uitgestel na 6 Julie vir vonnisoplegging, het luitenant-kolonel Tinyikko Mathebula gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button