Local newsNews
Minder water by Bloemhof uitgelaat
Vaaldam handhaaf steeds status quo met een sluishek oop.
Uitvloei by Bloemhofdam sal vanoggend om 10:00 nog verder verminder word na 700 kubieke meter per sekonde. Die dam is nou 109,08% vol.
Vaaldam staan nou op 110,84% met invloei vanoggend gemeet op 180,83 kubieke meter per sekonde, en uitvloei op 129,270 kubieke meter per sekonde. Status quo sal ook weer vandag by Vaaldam gehandhaaf word met een sluishek oop.

Gariepdam was Vrydag reeds 114.02 % vol, en die Vanderkloofdam 105,73%.
Geen reën, en ‘n daaglikse maksimum temperatuur in die lae twintigs is deur die Weerdiens vir die res van die week vir Parys voorspel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



