Local newsNews

Vrou wat haar eie ontvoering beplan aangekla vir regsverydeling

Toe die familie nie die geld wou betaal wat deur haar ontvoerders ge-eis is nie, is sy vrygelaat.

‘n Vrou wat na bewering haar eie ontvoering vir finansiële gewin beplan het, het Donderdag 22 Oktober in die Kwa-Themba landdroshof verskyn.

Die 37-jarige Ntombifuthi Mavis Rumo is saam met haar medebeskuldigde, Bonginkosi Mndebele (27), aangekla vir regsverdyling. .

Volgens Lumka Mahanjana, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), voer die staat aan dat Rumo, Mndebele en ’n verdagte wat nog nie aangekla is nie, na bewering mekaar op 7 Oktober ontmoet het om Rumo se ontvoering te beplan omdat hulle finansiële munt daaruit wou slaan.

Die drie het na bewering met die ontvoering Rumo se familie gekontak en geld vir haar vrylating geëis.

Toe die familie nie die geld kon betaal nie, is sy op 12 Oktober vrygelaat en in Vlakfonteinweg agtergelaat. Hulle het haar familie toe gevra om haar daar te gaan haal.

Ná ’n polisieondersoek na die beweerde ontvoering is Rumo op 20 Oktober in hegtenis geneem nadat haar man haar na die polisie geneem het. Ná haar inhegtenisneming het sy Mndebele aan die polisie uitgewys, het Mahanjana gesê.

Die saak isuitgestel tot 29 Oktober wanneer Mndebele en Rumo voor die hof sal verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button