Local newsNews

Vermeende veediewe langs R59 vasgetrek

Die drietal sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Parys verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde vee.

Die lang arm van die gereg was gister, 21 Mei net té lank vir drie vermeende veediewe wat langs die R59 naby Wolwehoek vasgetrek is met vermoedelik gesteelde beeste ter waarde van R100 000.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 35 en 45.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, het hoofwegpatrollielede van Fezile Dabi-distrik, in samewerking met die polisie se Voertuigdiefstalondersoek-eenheid van Vereeniging, Sasolburg POP en private sekuriteit, inligting gekry van ’n wit Isuzu-bakkie met ’n rooi sleepwa wat vermoedelik by die diefstal van vee betrokke was.

Die voertuig is later op die R59 opgemerk en voorgekeer. Dit is na die SAPD in Parys geneem vir verdere ondersoek. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die beeste gesteel is, waarna al drie verdagtes in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.

Die voertuig en sleepwa is gekonfiskeer, en 10 beeste met ’n geskatte waarde van R100 000 is teruggevind.

Van die gesteelde kallers wat teruggekry is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Van die gesteelde kallers wat teruggekry is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button