Local newsNews

Graan SA en SACOTA neem regstappe oor vertraging met koringtariewe

Die koringbedryf is onder ernstige druk en kan produsente nie die voortgesette vertragings in tafiefvasstelling absorbeer nie.

Voortgesette vertragings met die implementering van die hersiene koringtarief, het Graan SA en die Suid-Afrikaanse Graan- en Oliesadehandelsvereniging (SACOTA) nou genoop om formeel regsstappe te neem.

Dit volg op ’n aansoek wat reeds in Junie 2024 by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika (ITAC) ingedien is. Byna twee jaar later wag die bedryf steeds op finaliteit, terwyl Suid-Afrikaanse koringprodusente onder ernstige finansiële en markdruk moet voortgaan om te produseer, sê Graan SA.

Gevolglik het Graan SA en SACOTA se regsverteenwoordigers verlede week deur hul regsverteenwoordigers in ‘n aanmaningskrywe vir ITAC, die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, en die Minister van Finansies tot 16:00 Maandag, 1 Junie tyd gegee om ’n finale statusverslag beskikbaar te stel oor die implementering van die hersiene tarief.

Die organisasies sê egter die besluit om regstappe te neem is nie ligtelik geneem nie. Graan SA sê daar is vir maande lank herhaaldelik by ITAC probeer om selfs basiese inligting oor die vordering van die aansoek te bekom, maar dat die bedryf geen betekenisvolle terugvoer kry nie.

Die aanmaningskrywe beklemtoon dat die koringbedryf onder ernstige druk verkeer en dat die voortgesette administratiewe stilswye die bedryf met geen ander keuse gelaat het as om regstappe te neem nie.

“Produsente kan nie eindelose vertragings absorbeer terwyl hulle meeding teen lande wat hul landbousektore aktief beskerm nie,” sê Richard Krige, voorsitter van Graan SA. “Beleidsvertragings in wisselvallige markte het werklike ekonomiese gevolge vir voedselsekerheid en landelike indiensneming.”

Krige sê die bedryf bly egter verbind tot regverdige, reëlsgebaseerde handel, maar dring daarop aan dat die huidige administratiewe stilswye meetbare benadeling vir Suid-Afrikaanse koringproduksie veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button