Ma skuldig aan moord op 3 maande oue baba
Die ma is gevang toe sy probeer het om die land te verlaat deur die Ficksburg-grenspos.
Die Streekshof in Stilfontein het Lerato Valencia Pokonyane (35) skuldig bevind en tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op haar drie maande oue baba. Sy is ook deur die hof onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. en ongeskik verklaar om met kinders te werk ingevolge Artikel 120 van die Kinderwet.
Die babadogtertjie se liggaam is op 13 Januarie 2022, langs die N12-pad tussen Stilfontein en Potchefstroom gekry. Die dogtertjie se hande en voete was met plastiek vasgebind en haar gesig bedek met materiaal wat soos ’n verband gelyk het. ’n Plastieksak met babaklere en ’n hospitaalboekie wat aan die kind behoort het, is ook op die toneel gevind.
’n Ondersoekonder gelei deur adjudant-offisier Tebogo Lawrence Tlhakanye van die Stilfontein-speurtak.het uiteindelik daartoe gelei dat die ma. wat ‘n Lesotho-burger is, in Kuruman gekry is. Sy is in hegtenis geneem terwyl sy probeer het om die land deur die Ficksburg-grenspos te verlaat.
Die Waarnemende Provinsiale Kommissaris van Noordwes, Majoor-generaal (Dr.) Ryno Naidoo, het die ondersoekbeampte en ander rolspelers wat betrokke was, geloof vir hul toewyding om die arrestasie te kon maak.
Hy het gesê dat die polisie steeds daartoe verbind bly om die stryd teen Geslagsgebaseerde Geweld (GBV) te prioritiseer, en dit beskryf as ’n ernstige skending van menseregte en ’n bedreiging vir die veiligheid en waardigheid van gemeenskappe, omdat misdade teen kwesbare persone, veral kinders, nie geduld kan word nie.



