Local newsNews
Gemeenskap werk saam met dié wat waak oor die dorp
Hou die Gazette en sosiale media platforms dop vir die datum van die volgende Blou lig/Wit lig patrollie.
Gemeenskapslede het Saterdagaand hande gevat met die polisie in die stryd teen misdaad met die maandelikse Blou lig/Wit lig patrollie in die dorp.
Buurtwagpatrollies het in die verlede al keer op keer bewys baie suksesvol te wees met verhoogde sigbaarheid. Hoe meer oë en ore op die straat, hoe beter.
Die Blou lig/Wit lig patrollies word maandelliks deur die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) in samewerking met die SAPD gehou.

Ondersteun die aksie en maak ‘n verskil in jou gemeenskap om misdaad vas te vat. Datums word voor elke patrollie in die Gazette en op sosiale media platforms en WhatsApp-groepe deurgegee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



