Local newsNews

12-Jarige sterf in fratsongeluk tydens jagtog op VS-plaas

Die dogtertjie is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy per ongeluk ’n 12-jarige meisie van Krugersdorp tydens ’n jagtog op die Franshoek-plaas naby Ficksburg doodgeskiet het, is in hegtenis geneem en van moord aangekla. Hy sal na verwagting vandag in die Ficksburg-landdroshof verskyn.


Volgens adjudant-offisier Mmako Mophiring het die oorledene se pa en die verdagte op 29 Mei op die plaas gejag toe die verdagte na bewering per ongeluk ’n vuurwapen afgevuur het, wat die 12-jarige meisie noodlottig gewond het.

Die dogtertjie is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling, maar is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die voorval is deur hospitaalpersoneel by die polisie aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button