Local newsNews

Dwelmmisbruik en kinderverwaarlosing ‘n hartseer realiteit

Kinderbeskermingsweek is van 29 Mei tot 5 Junie gehou met die fokus op "Working together in ending violence against children"

Dwelm- en middelafhanklikheids-verslawing het ‘n skokkende realiteit gebring ten opsigte van kinderverwaarlosing.


Die afgelope finansiƫle jaar is 21 kinders in Parys en Vredefort uit ouersorg verwyder, grotendeels weens verwaarlosing en/of verslawing.


Tans is daar agt kinders in die sorg van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Chrissanloo Huis, en een by Lerato Huis. Beide Chrissanloo en Lerato is Huise van Veiligheid waar kinders wat deur maatskaplike werkers uit die sorg van hul ouerhuise verwyder moes word, tydelik gehuisves word.


Die besluit om ‘n kind uit ‘n ouerhuis te verwyder word nooit ligtelik geneem nie, verduidelik Karla Potgieter, maatskaplike werker by VVA Parys.


Die Kinderbeskermingswet, Wet 38 van 2005, is duidelik oor wie volgens wet verplig word om kinderverwaarlosing en/of mishandeling te rapporteer.


Dit sluit onder meer in professionele mense in die mediese beroep, onderwysers, geestelike leiers en maatskaplike werkers.


“Hoewel die Kinderwet ook duidelik is oor die belangrikheid van hereniging tussen kinders en ouers na verwydering, is die kind se welstand en beste belang altyd die eerste prioriteit,” verduidelik Karla.


Wanneer word kinders uit ‘n ouerhuis verwyder?

  • Wanneer ‘n kind weens dood of ander omstandighede alleen agtergelaat sou word met geen ander familielid wat geskik sou wees om na die kind om te sien nie.
  • Gedragsprobleme by kinders wat nie deur die ouer hanteer kan word nie.
  • Kinders wat op straat sou lewe of werk. Gevalle van verslawing.
  • Gevalle waar kinders uitgebuit sou word of leef onder omstandighede waar hul blootgestel is aan uitbuiting.


Waar moet klagtes oor kinderverwaarlosing/mishandeling aangemeld word?


In Parys kan klagtes aangemeld word by VVA se kantoor in Buitenstraat (tel. (056 811 2971) of by die naaste polisiestasie.


Hoe werk verwydering van kinders uit ‘n ouerhuis?


Kinders kan ingevolge die Kinderwet of deur ‘n hofbevel, of in sekere gevalle sonder ‘n hofbevel, uit ‘n ouerhuis verwyder word waar klagtes deur Departement Maatskaplike Welsyn, maatskaplike dienste of die polisie ontvang word.


Geen verwydering sal op hoorsĆŖ van klagtes gedoen word nie.


Klagtes word ondersoek deur onder meer met die kind, familie, die skool en onderwysers, bure, kerkleiers, of ander betrokkenes by die kind te praat.


Daar word ook met die ouers gesprek gevoer en ‘n tuisbesoek gedoen. In gevalle van verslawing word ‘n dwelmtoets gedoen.


Wanneer ‘n kind dan verwyder word, sal die hof die verwydering binne 24 uur met ‘n bevel bekragtig as daar gronde daarvoor is, en ‘n volgende hofdatum vasstel.


Dit laat ruimte vir ‘n tydperk waartydens ‘n meer volledige ondersoek na die klagtes gedoen word.
Wat gebeur met kinders wat uit ‘n ouerhuis verwyder word?


“Kinders wat uit ‘n ouerhuis verwyder is, kan of by goedgekeurde veilgheidsouers vir ‘n tydperk geplaas word, by familie, of ‘n plek van veiligheid soos Chrissanloo en Lerato,” sĆŖ Karla.


Na die tydperk kan dit gebeur dat die hof beslis dat die kinders met die ouers herenig word, in pleegsorg geplaas word, of in ‘n kinder- en jeugsorgsentrum geplaas word.


“Ongelukkig is die persentasie van kinders wat herenig word met hul ouers min, omdat nie alle ouers bereid is om saam te werk in belang van die kind nie,” sĆŖ Karla.


Daar is ‘n geweldige tekort in Parys aan veiligheidsouers en pleegouers.
As jy bereid is om hierdie groot taak te vervul, kontak asseblief VVA by (056) 811 2971 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button