Local newsNews

Maak só seker of jy geregistreer is as jy wil stem in die munisipale verkiesing

Stemlokale sal van 08:00 af oop wees op beide Saterdag en Sondag.

Stemgeregtigde kiesers het hierdie naweek geleentheid om seker te maak of hul geregistreer is om te kan stem in die komende munisipale verkiesing wat op 4 November vanjaar gehou word. Anders as in ‘n nasionale verkiesing, kan jy slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.

Die IEC het vroeër die week gesê hy is gereed vir die registrasienaweek in Ngwathe, en sal stemlokale van 08:00 tot 17:00 oop wees op beide Saterdag 20 Junie, en Sondag 21 Junie.

As gevolg van die inlywing van Heilbron by Metsimaholo, is daar nou minder wyke in Ngwathe, wat beteken dat die wyksnommers verander het.


Stemlokale


Parys stadsaal is nie ‘n stemlokaal vir die komende munisipale verkiesing nie. Kiesers wat voorheen hier geregistreer en gestem het, sal nou by Hoërskool Parys registreer en stem. Belangrik is egter dat die verandering van wyksnommers en stemlokale nie kiesers se registrasiestatus beïnvloed nie.

Illustration photo
Illustrasiefoto verskaf


Wie moet registreer?


Kiesers wat nog nie voorheen geregistreer het nie, of sedert die laaste verkiesing van adres verander het, moet seker maak dat hul wel vir die komende verkiesing geregistreer is.


Hoe maak jy seker of jy geregistreer is?


As jy twyfel of jy as kieser geregistreer is vir die verkiesing, kan jy jou registrasiestatus nagaan by

  • registertovote.elections.org.za,
  • jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure by die Forum gebou besoek,
  • die OVK se webtuiste volg by www.elections.org.za,
  • of jou ID-nommer SMS na 31810.
  • Jy kan ook tydens die registrasienaweek, 20-21 Junie, by jou stemlokaal gaan seker maak of jy wel geregistreer is.

Wat neem jy saam as jy gaan registreer?

  • Jou ID-dokument (‘n groen ID-boekie, Smart ID-kaart of geldige tydelike identifikasiesertifikaat sal aanvaar word.
  • Jy sal jou adres moet verskaf, maar ‘n bewys van adres is nie nodig nie.

Ngwathe se vier dorpe (Parys, Vredefort, Koppies en Edenville het in totaal 53 stemlokale.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button