Local newsNews

Ontvoerde Vrystaatse man in kattebak gekry

Die beseerde man is in die hospitaal opgeneem vir behandeling.

Die waaksaamheid van ‘n lid van die publiek het gelei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes in Bronville naby Welkom, nadat ‘n man met veelvuldige beserings in die kattebak van die motor waarmee die mans gery het, gekry is.

Sersant Palesa Thabana sĂȘ die polisie het Sondagogged (28 Junie) ‘n klagte gekry oor ‘n bakleiery in Bronville. Daar gekom het hulle inligting gekry dat ‘n man in die kattebak van ‘n silwer BMW toegesluit is. Polisiebeamptes het die betrokke voertuig met drie insittendes, onmiddellik voorgekeer en deursoek.

Hierop is die bebloede man in die motor se kattebak gevind. Die slagoffer het ernstige veelvuldige beserings opgedoen en sterk na petrol geruik. Hy is na ‘n hospitaal geneem vir mediese ondersoek en behandeling.

Met verdere ondersoek het die polisie bloed aan die verdagtes se hande en tekkies opgemerk.

Volgens inligting het die verdagtes die slagoffer by sy woning aangerand nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy hul motoronderdele gesteel het. Hulle het na bewering petrol oor hom gegooi en hom met geweld in die kattebak van hul voertuig gedwing, en toe met hom weggery.

Die polisie het twee pare bloedbevlekte tekkies, asook die voertuig wat na bewering tydens die misdaad gebruik is, gekonfiskeer. Die gekonfiskeerde items is as bewysstukke ingehandig vir verdere ondersoek.

Die drie mans, onderskeidelik 25, 27 en 40 jaar oud, is daarna in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord en ontvoering. Hulle sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button