Local newsNews

Rugbyfees in goeie gees

Spelreëls vir Oldies rugby verskil van gewone rugby spelreëls.

Agt spanne het op 27 Junie gesorg vir groot aksie by die Oldies-rugbyfees wat vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens op Hoërskool Parys se rugbyvelde aangebied is, en deur sowat 1 200 mense bygewoon is.


Die dag se rugby het afgeskop met ongeveer 100 kinders wat aan die Future Griffons-program deelgeneem het.


Met die Oldies-rugbywedstryde is daar nie wenners aangewys nie, en was dit ‘n gesinsdag wat deur oud en jonk geniet is.


Spelreëls vir Oldies rugby verskil van gewone rugby spelreëls. In die meeste Golden Oldies-wedstryde is die fokus op veiligheid, pret en deelname- nie fisiese oorheersing nie. Daarom word nie-kompeterende skrums algemeen gebruik. Heelwat toernooie gebruik ook nie-kompeterende lynstane.

Oldies rugby-aksie. Foto: Ferdie Jordaan
Oldies rugby-aksie. Foto: Ferdie Jordaan


Die reëls kan egter tussen toernooie verskil, maar ‘n tackle bly ‘n tackle en kan soms lekker hard wees, terwyl lynstane ook dikwels gesien word met spelers wat agter mekaar staan en aan mekaar se skouers vashou totdat die bal uitkom – anders is dit ‘n straf vir die ander span.


Spanne wat Saterdag gespeel het, was die Hillbillies, Old Bears, Madalas, Tendella, Golden Eagles, Welkom Legends, Bethlehem se Ou Are, en Parys se Umfula Golden Oldies.

Die Umfula Golden Oldies van Parys. Foto: Ferdie Jordaan
Die Umfula Golden Oldies van Parys. Foto: Ferdie Jordaan
Foto: Liezl Scheepers
Die Hillbillies en die Golden Eagles in die eerste wedstryd vir die dag. Foto: Liezl Scheepers
Die Hillbillies en die Golden Eagles in die eerste wedstryd vir die dag. Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button