Local newsNews

R59: Paaie Departement besig met herstel van slaggate

Motoriste word gewaarsku om spoed te verminder en waaksaam te wees waar herstelwerk aan die R59 gedoen word.

Die materiaal waarvoor gewag is vir herstelwerk aan die R59 aan weerskante van die N1-oorbrug is ontvang, en het ‘n span van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi-distrik alreeds vandag begin met die vul van slaggate op dié besige roete.

Volgens die Department se hoof paaie superintendent in die distrik, mnr. James Nkabinde, werk die span vandag aan die gedeelte by die R57-brug by Sasolburg, asook by Taaibosspruit waarna daar teruggewerk sal word in die rigting van Parys.

'n Span van die paaie departement besig met herstelwerk op die R59. Foto: Verskaf
‘n Span van die paaie departement besig met herstelwerk op die R59. Foto: Verskaf

Hoewel noodherstelwerk op dié gedeelte van die R59 ‘n prioriteit van die departement is, kon herstelwerk nie vroeër gedoen word nie, weens ‘n oponthoud met die verkryging van die materiaal, maar is daar verlede week reeds aangedui dat herstelwerk die week gedoen sal word.

Motoriste word gevra om asseblief spoed te verminder en waaksaam te wees waar die span besig is met herstelwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button