Alle oë op Parys dié naweek vir Valke-finaal
Parys hou styf duim vas vir hierdie drie tuisspanne wat hul staal sal wys in die Valke Afdeling 4 liga-finaal.
Drie van Hoërskool Parys se rugbyspanne speel Saterdag 25 Julie in die finaal van die Valke Afdeling 4-liga. Die o.14’s, o.15’s en die eerste span se wedstryde word by Hoërskool Dr Malan in Meyerton beslis.
Die wedstrydtye is as volg:
10:00 – 0.14’s op C-veld teen Hoërskool Suiderlig
10:00 – 0.15’s op B-veld teen Hoërskool Carel de Wet
13:30 – Eerste span op die B-veld teen Hoërskool Anker
So is die tafel gedek vir die finaal
Hoërskool Parys se plek is geboek in die finaal van die Valke Afdeling 4-liga ná ‘n skitter oorwinning in Junie toe die o15s Panorama verslaan het met ‘n weghol wen van 67-12.
Daarna het ook die o14’s hul wedstryd teen Panorama gewen met ‘n telling van 32-0 in Parys se guns, en was die eerste span se oorwinning oor Alberton High die spreekwoordelike kersie op die koek vir ‘n dag wat die vreugdevure hoog laat brand het vir Parys. Die eerste span se eindtelling was 31-7 in Parys se guns.








