Local newsNews

Waarskuwing: Verminder spoed en wees bedag op herstel aan R59

Motoriste word ook aangeraai om veilige volgafstande te handhaaf.

Die span van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi-distrik is tans besig met herstel van slaggate tussen die N1 en Parys in die omgewing van Mooihoek. Motoriste is gevra om spoed te verminder en uiters versigtig te bestuur waar gewerk word aan die pad. Handhaaf veilige volgafstande.

Die span sal vandaar in die rigting van Parys werk, is gesê, nadat aanvanklik vroeër die week eers gefokus is op gedeeltes van die R59 by die R57-brug by Sasolburg (Heilbron-afrit), asook by Taaibosspruit,

Wees ook bedag daarop dat daar steeds water van ‘n pan teenaan die pad oor die R59 vloei buite Viljoenskroon by die silo’s. Die water vloei sterk en is nie begaanbaar vir verkeer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button