Local newsNews

Drie buitelandse burgers vir beweerde dwelmhandel in Parys vasgetrek

Die verdagtes is in aanhouding en sal eersdaags voor die Parys-landdroshof verskyn.

Drie buitelandse burgers is die afgelope naweek in Parys in hegtenis geneem nadat lede van die Welkom Anti-Bende-eenheid op ‘n aansienlike hoeveelheid Crystal Meth, Mandrax en kontant wat vermoedelik uit dwelmhandel verkry is, beslag gelê het.

Lede van die eenheid is Vrydag 24 Julie vir misdaadbekamping in Parys ontplooi. Tydens patrollies deur die dorp het hulle verdagte bewegings by ‘n woonhuis in Kortstraat opgemerk, en het inligting daarop gedui dat ‘n aantal buitelandse burgers wat op die perseel woon, vermoedelik by dwelmhandel betrokke is.

Aansoek is gedoen om ‘n deursoekingslasbrief, wat deur die Parys-landdroshof toegestaan is.

Dit het daartoe gelei dat ‘n 48-jarige man Saterdag 25 Julie op heterdaad betrap is terwyl hy glo besig was met ‘n dwelmtransaksie op die perseel. Hy is gearresteer nadat dwelms en kontant in sy besit gevind is.

Met die deursoeking van ‘n woonhuis is ‘n tweede buitelandse burger, ‘n 46-jarige man, aangetref en is beslag gelê op nog Crystal Meth en Mandrax.

Opvolgondersoeke het die polisie daarna na ‘n tweede adres in die Mandela-gedeelte van Tumahole gelei. Daar is ‘n 31-jarige man in hegtenis geneem nadat nog Crystal Meth en Mandrax na bewering in sy besit gevind is.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 31, 46 en 48 jaar oud, bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting binnekort in die Parys-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button