Twee brons medaljes vir Parys ná elite rolbalstryd
Die veterane kompetisie is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis op Parys-rolbalklub se bane gespeel,
Twee van Parysrolbalklub se spelers het geskitter met bronsmedaljes in die Ope en Veterane kompetisies van die elite Noordwes Meesterstoernooi. Slegs die room van die streek se rolbalspelers is genooi na die toernooi.
Parys se Poena Olivier en Francois van der Merwe van Potchefstroom Country Club
het in die Mans Ope-toernooi bronsmedaljes ingepalm, terwyl Dries de Jager (Parys) en Johan van
den Heever, hul bronsmedaljes in die Mans Veterane kompetisie verdien het. Albert Britz van Potchefstroom Country Club was die goue medalje mans wenner van die ope-kompetisie,
en Ronel Olivier van Afrimat die dameswenner.

By die Veteranekompetisie vir mans het Errol Booth met die louere weggestap, en by die dames was dit Jillian Booth wat met goud kon spog.
Die veterane kompetisie is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis op Parys-rolbalklub se bane gespeel, en is mededingende spel van hoogstaande gehalte deurgaans gesien.

Baie geluk ook aan Dalena Reynecke en Jan Harmse, wat ook Parys-rolbalklub by die toernooi verteenwoordig het.


het. Foto: Liezl Scheepers



