Local newsNews

Eilande was ideale wegkruipplek vir kommando’s

Die omgewing wat omring is met rante en die driwwe deur die rivier was ideaal vir die Boere se kat-en-muis tegniek van onverwags aanval en vlug tydens die Anglo Boere-oorlog

Die Vrystaatse dorp, Parys, vier vanjaar op kleurryke wyse sy 150ste bestaansjaar. Dié dorp het ‘n ryk geskiedenis, maar het ook swaar gely tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902).

Kobie Ströh van Sentraal Kultuurnetwerke skryf dat die mans van Vredefort en Parys met die oorlog by die Heilbron-Kommando ingeskakel het.

Parys was sentraal in die bewegings van die Boerekommando’s met hulle guerrilla-taktieke. Die omgewing wat omring is met rante en die driwwe deur die rivier was ideaal vir die Boere se kat-en-muis tegniek van onverwags aanval en vlug. In die rante en op die beboste eilande  was oorvloedige wegkruipplekke vir Kommando’s.

Die eieland en driwee was die ideale wegkruipplek vir die Boerekommando's. Foto: Verskaf
Die eieland en driwee was die ideale wegkruipplek vir die Boerekommando’s. Foto: Verskaf

Generaal Christiaan de Wet was die meester en kenner van die Vredefort Koepel en hy het veral Vredefort  en die Vaalrivier gebied gebruik om die Britte te ontduik. 

Generaal Christiaan de Wet. Foto: Verskaf
Generaal Christiaan de Wet. Foto: Verskaf

De Wet was egter ook ‘n groot doring in die Britte se vlees en hulle het met ‘n massiewe dryfmag  probeer  om De Wet hier vas te keer, maar hy het telkens daarin geslaag om hier in die rante te ontvlug. 

Die Britte het Parys vroeg (Mei1900) oorgeneem en hulle spore van verwoesting daar gelaat. Die meeste geboue in die dorp was vernietig.

1901 het Lord Kitchener gerapporteer dat hulle geen voorrade in die Parys -Reitzburg-streek agtergelaat het nie.(Verskroeide Aarde-Beleid).

Die vrouens en kinders is weggevoer en in haglike omstandighede in die Vredefortweg Konsentrasiekamp aangehou.

Die Vredefortweg-konsentrasiekamp. Foto: Verskaf
Die Vredefortweg-konsentrasiekamp. Foto: Verskaf

NG Moedergemeente-kerkgebou

Die Nederduits Gereformeerde Kerk in Parys is in 1882 gestig.

In 1899 is die kerk gebou, en die  kerkgebou voltooi met die aanvang van die Anglo Boere-oorlog.

Die inwyding van die kerk is meestal net deur vrouens en kinders bygewoon aangesien die manne reeds opgeroep was vir die oorlog.

Tydens die Anglo Boere-oorlog het die Britte Parys ingeneem en die nuutgeboude kerkgebou gebruik as fort en het selfs die kerktoring en klok tydens die oorlog deurgeloop.

Na die oorlog moes die inwoners van Parys die dorp weer feitlik van nuuts af opbou en ‘n nuwe begin maak. Die oorlewende vrouens en kinders het uit die konsentrasiekampe teruggekeer na algehele verwoesting en het dadelik ingespring om te herstel en op te bou. Harde werk het ook vir die  Boere-vegters voorgelê toe hulle uit ballingskap en krygsgevange- kampe teruggekeer het.

Parys vier 150 jaar

Kom vier saam met hierdie pragtige dorp sy 150ste bestaansjaarviering op 24 September met ‘n kleurryke straatparade in die dorp se hoofstraat. ‘n Naweek van gholf op die dorp se twee spog gholfbane word ook op 25 en 26 September gehou. Skakel Parys Info by (056) 811 4000 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button