Luislang gevind ná advertensie polisie op verdagtes se spoor sit
Die lewende slang is in 'n sak in die verdagtes se besit gekry.
Twee verdagtes het hulle in die lang arm van die gereg vasgeloop ná ‘n aanlyn advertensie waarin ‘n luislang vir R5 000 te koop aangebied is.
Die Sannieshof-eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies (STESU), die Noordwes-departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme (DEDECT), en die Wildlife Crime Information Network (WCIN) het ‘n gesamementlike operasie uitgevoer nadat inligting gekry is wat hulle op die spoor van die verkoper in Delareyville gesit het.
Die slang is in ‘n sak gekry wat in die besit van twee verdagtes was..

Hulle het Maandag, 31 Augustus in die Delareyville-landdroshof verskyn.en is op waarskuwing vrygelaat/



