Local newsNews

Drie wat verbind word met beweerde renosterstropery blitsig vasgetrek

Die verdagtes is aangekla vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook sameswering om ’n misdaad te pleeg.

Drie Mosambiekse burgers wat verbind word met beweerde renosterstropery, sal Maandag in Potchefstroom voor die hof verskyn

Die verdagtes tussen 34 en 54 jaar oud, is Saterdag in hegtenis geneem danksy vinnige en doeltreffende samewerking tussen die Eyes and Ears- (E2-) inisiatief, Blitspatrolllie-lede in Potchefstroom en die Stilfontein K9-eenheid.

Kolonel Adéle Myburg, polisiewoordvoerder in Noordwes sê ’n verdagte goue Toyota RunX is opgemerk terwyl dit van Lichtenburg in die rigting van Ventersdorp onderweg was. Die voertuig is op die N14 voorgekeer en deursoek waarop ‘n .375-jaggeweer, ammunisie, balaklawas, handskoene en slagmesse in die voertuig gekry is.

Die drie insittendes is gearresteer en word aangekla vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook sameswering om ’n misdaad te pleeg, het Myburgh bevestig.

Van die wapens waarop beslag gelê is tydens die arrestasie. Foto: SAPD
Van die wapens waarop beslag gelê is tydens die arrestasie. Foto: SAPD

Die Noordwes-polisiekommissaris, luitenant-generaal Arthur Peter Adams, het die samewerking tussen die polisie en private sekuriteitsmaatskappye geloof. Adams het ook die belangrikheid van die deel van intelligensie-inligting en proaktiewe polisiëring om misdaad te voorkom, beklemtoon.

“Die Eyes and Ears-inisiatief versterk steeds ons gesamentlike pogings om misdaad te voorkom en te bekamp,” het Adams gesê.

“Ons is veral bemoedig deur die feit dat ons deur hierdie vennootskap daarin kon slaag om individue wat daarvan verdink word dat hulle by renosterstropery betrokke is, voor te keer voordat hulle moontlik hul planne kon uitvoer,” het Adams bygevoeg.

Die Eyes and Ears- (E2-) inisiatief is ’n misdaadbekampingsvennootskap tussen die openbare en private sektor, waarby die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Business Against Crime South Africa (BACSA) en die private sekuriteitsbedryf (PSI) betrokke is. Die inisiatief vergemaklik die uitruil van inligting en hulpbronne om misdaadvoorkoming, -opsporing en wetstoepassingsoperasies te versterk.

Adams het ook sy waardering uitgespreek teenoor die South African Polygraph and Investigation Services (SAPIS) en Misdaadintelligensie in die Oos-Kaap vir hul belangrike rol in die identifisering, opsporing en monitering van die verdagtes. Hul bydrae het tot die suksesvolle operasie gelei, het Adams gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button