Local newsNews

Trein tref minibus in die verbygaan

Die sluiting van die N8 het vir twee uur lank verkeer na die Maseru-brug ontwrig.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het bevestig dat niemand beseer is in ‘n voorval Maandagmiddag (23 November) waartydens ‘n trein met ‘n stilstaande minibus naby die Maseru-brug in die Thabo Mofutsanyana-distrik gebots het.

Volgens die departement se woordvoerder, Mondli Mvambi, is noodmediese dienste (NMD) omstreeks 13:00 na die botsingstoneel op die N8 ontbied waar die verbygaande trein ‘n geparkeerde Iveco 22-sitplek minibus getref het.

Die botsingstoneel op die N8 naby die Maseru-brug waar 'n verbygaande trein 'n geparkeerde voertuig getref het. Foto: Departement Gesondheid Vrystaat
Die botsingstoneel op die N8 naby die Maseru-brug waar ‘n verbygaande trein ‘n geparkeerde voertuig getref het. Foto: Departement Gesondheid Vrystaat

Die N8 is om 13:01 gesluit sodat nooddienste die toneel kon opruim en is verkeer vir die duur van die sluiting van die pad na die Maseru-brug tot stilstand gedwing. Die pad is twee ure later heropen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button