Vredefort se mense maak weer harte oop vir ander dié Kersfees
Die publiek word ook genooi om op 23 Desember saam Kersliedere op die wa te kom sing in Vredefort se strate vanaf 17:30 vir 18:00.
‘n Groep vriende het in 2025 saam met die gemeenskap van Vredefort en die dorp se NG Klipkerk, ‘n spesiale Kersprojek aangepak om die Kersseisoen vir individue en gesinne in die Vredefort-gemeenskap meer spesiaal te maak.
Met die hulp van borge is ‘n totaal van R17 000.00 ingesamel, waarmee 500 lekkergoedpakkies vir kinders en ouer mense uitgedeel kon word..Daarbenewens is 30 Bybeldagstukkies en 20 Bybels ook uitgedeel wat deur die NG Kerk Vredefort geskenk is. Met die oorblywende geld is vir tien kinders waar nood was, skoolbenodigdhede gekoop.

Voertuie en waens wat met Kersversierings en liggies opgemaak was, het deur die strate van Vredefort gery en is die klank van Kersliedere gehoor.
Vanjaar word hierdie mooi inisiatief weer aangepak, en kan jy help om met ‘n bydrae, hoe geering ook al, die omgee en liefde waaroor Kersfees eintlik gaan, te deel met die OVB Omgee Kersprojek.

Skakel Trudie by 072 791 3777 of Cristel by 064 295 5269 as jy graag ‘n bydrae wil maak of wil deelneem aan die projek.
Die publiek word ook genooi om op 23 Desember saam Kersliedere op die wa te kom sing in Vredefort se strate vanaf 17:30 vir 18:00.




