
Parys-muurbalklub het tydens sy prysuitdelingsgeleentheid erkenning gegee aan spelers wat die afgelope jaar die beste prestasies gelewer het. Almari Claassen is as die klub se dameskampioen aangewys, en Christiaan Dannhauser as die manskampioen.
Almari deel ook die trofee met Petrus-Louw van Rhyn as die junior kampioen dogter en -seun onderskeidelik by die Fezile Dabi-toernooi.
Gert Prinsloo het die trofee namens Elize Prinsloo ontvang, in erkenning van haar jarelange betrokkenheid by die klub as afrigter. Haar spelers het onder haar leiding uitsonderlik presteer, en het sy ‘n groot bydrae tot muurbal as sport gelewer, nie net as afrigter nie, maar ook as speler.
Elize is in Januarie vanjaar ná ‘n motorongeluk oorlede.
Vivienne van der Schyff is beloon as beste junior dogter, en George Marais as beste junior seunsspeler.
Hanno Rust het die trofee gekry vir beste vordering.