Parys-swemmers presteer by interskole gala
Swemmers van Hoërskool Parys het uitstekend gevaar by die Fezile Dabi-interskole swemgala wat op 30 Januarie in Kroonstad by die Môrewag munisipale swembad gehou is. Persoonlike beste tye is verbeter, en is die swemmers reg vir die nuwe seisoen.

Die uitslae was as volg:
Dogters o.17 & ouer:
Megan Daniel behaal eerste plekke in al haar items wat ingesluit het 50m vlinder-slag, 50m borsslag, 50m kruipslag, 100m kruipslag en 100m borsslag.
Hanné Hayes behaal derde plekke vir die 50m rugslag en 50m borsslag, en ‘n vierde plek vir 50m kruipslag.
Seuns o.17 & ouer:
Diaan Brink verower ‘n eerste plek in die 50m vlinderslag, ‘n tweede plek vir 50m rugslag, en ‘n vierde plek vir 50m kruipslag.
Wilhelm Visser behaal ‘n eerste plek vir 50m borsslag en tweede plekke vir die 50m vlinderslag en 50m kruipslag.
Zandré van Riet was tweede in die 50m borsslag, vierde in die 50m vlinderslag, en behaal vyfde plekke vir die 50m
rugslag en 100m kruipslag, asook sesde plekke vir 50m borsslag en 100m rugslag.
Dogters o.15 en o.16
Mianké Croucamp eindig derde in 50m rugslag en vyfde in 50m kruipslag.
Allison Oelofse behaal vierde plekke in die 50m kruipslag en 50m rugslag.
Bay-Linn Oelofse behaal eerste plekke in al haar items wat ingesluit het die 50m kruipslag, 50m borsslag, 50m vlinderslag, 50m rugslag, 100m kruipslag, 50m rugslag, 50m borsslag en 200m IM.
Seuns o.15 & o.16
Xander Pretorius verower ‘n tweede plek vir 100m rugslag, ‘n derde plek in die 200m IM, ‘n vierde plekke vir 50m rugslag, 100m borsslag en 100m kruipslag, en sesde plekke in die 50m borsslag en 50m kruipslag
Henk Small eindig derde in die 100m borsslag-item, vierde in die 50m vlinderslag en 100m kruipslag, en vyfde in die 50m
borsslag en 50m vryslag.
Dregan Brink was derde in die 100m rugslag, vyfde in die 50m rugslag en sewende
in die 50m borsslag en 50m kruipslag
Dogters 0.13 & 0.14
Karisa Nortman behaal vyfde plekke vir die 50m rugslag en 100m rugslag, en sewende plekke in die 50m kruipslag en 100m kruipslag.
Seuns o,13 & 0.14
Cay-Din Oelefse was eerste in die 50m vlinderslag, 50m kruipslag, 50m borsslag,
100m kruipslag, 100m borsslag en 100m rugslag, en tweede in die 200m IM en 50m rugslag
Die Noord-Vrystaat swemgala-byeenkoms is vandeesweek in Kroonstad gehou. Die uitslae was nog nie met Gazette se ter perse gaan bekend nie.
Ons groet ook nou die matriekswemmers en wens hulle net die beste toe vir hul graad 12 jaar. “Julle sal verseker by die swemgalas gemis word.”



