Boer wil nie van geboortegrond trek

Ten spyte daarvan dat daar reeds 25 keer by hom ingebreek is, hy op sy plaas aangeval en ‘n inbreker doodgeskiet is, is ‘n boer van die omgewing steeds huiwerig om sy geboorteplaas te verlaat. Conrad Beukes (72) wat Donderdagoggend op sy plaas aangeval is. Foto: Dustin Wetdewich Conrad Beukes (72) het Donderdag 23 Maart …

Conrad Beukes (72) wat Donderdagoggend op sy plaas aangeval is. Foto: Dustin Wetdewich
Conrad Beukes (72) het Donderdag 23 Maart omstreeks 08:00 op sy plaas nog in die bed gelê toe hy die huishulp hoor skree. “Daar het skielik ’n gemaskerde man wat gewapen was, langs my bed gestaan,” vertel hy. Beukes, wat steeds aktief rugby by verskeie “Golden Oldies” toernooie speel, het hom teengesit, waarna ’n stoeiery ontstaan het. ’n Skoot het afgegaan, waarna die man doodgeskiet is. Beukes wou nie te veel besonderhede oor die voorval en skietery bekend maak nie omdat ’n moordklag ondersoek word.
Volgens lt. kol. Pelonomi Makau is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
“Die huishulp en haar seun het drie gewapende mans in die erf gesien, waarna hulle in die huis in gehardloop het. Een van die verdagtes het die deur oop forseer, waarna hy in die huis ingekom het en vir Beukes in sy kamer oorval het,” het Makau gesê.
“My kinders wil nou hê ek moet in die dorp gaan woon nie, maar wat gaan ek nou daar maak?” vra Beukes.
Hy wys graag foto’s van sy kinders wat almal weggetrek het. Sy hande gly oor die “museumstukke” in sy huis.
“Hier is die knipper wat my pa gebruik het om my hare te sny. Uit hierdie Bybel het my pa my geleer. Kyk die foto van my grootoupa wat ’n generaal was in die Anglo-Boereoorlog,” sê hy.
Dit is duidelik dat Beukes nie die huis wil verlaat wat reeds voor die dié oorlog gebou is nie. Die plaas is ongeveer 15km van Potchefstroom op die Viljoenskroonpad
“Ek sluit nou maar permanent al die deure, slaap oor by die buurman totdat die sekuriteit opgeknap word. Dit is regtig net God se genade dat ek nie dood is nie,” het hy gesê.
Die verdagte wat dood is, is intussen geïdentifiseer. Hy kom na bewering van Ikageng af.
Die ander twee verdagtes word nog gesoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button