Moenie jou jas te ver bêre nie

Koue weer word weer voorspel

Net toe jy dink jy gaan rose snoei en jou somertuin agtermekaar kry, sê die Weerburo – hokaai, die koue kom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel koue en winderige toestande so kort voor die naweek vir die Oos-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en sentrale dele van die Vrystaat asook dele van KwaZulu Natal.

Sneeu is vir die hoogliggende dele  van die Oos-Kaap voorspel  vir Donderdag 5 September, terwyl sneeu oor die Drakensberge ook nie uitgesluit word nie.

Maak dus maar reg vir laer temperature en winderige toestande. Vrydag kan Parysenaars ‘n maksimum van 21 grade te wagte wees, maar tel temperature weer na die naweek toe op.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button