Huldeblyk: Norman Hirst
Huldeblyk: Norman Hirst
Norman Hirst, adjunkbalju vir Parys en Viljoenskroon, is Saterdagoggend in die ouderdom van 43 jaar aan hartver- saking oorlede.
Hy was ’n oudleerder van Hoërskool Parys en jarelange inwoner van die dorp, wat onder meer op skool uitgeblink het op die rugby- veld en in atletiek.
Die roudiens is Vrydag 20 November om 14:00 vanuit die NG gemeente Parys-Suid. Norman word oorleef deur sy vrou Renske, kinders Judé en Reno, en sy ma, Magda.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



