Aapstreke ’n kopseer vir NWU studente

Aapstreke ’n kopseer vir NWU studente

“‘n Mens weet wanneer daar ‘n apie in die koshuis is as iemand skree,”

Blouapies is al vir ‘n geruime tyd ‘n probleem op die NWU kampus. Vanjaar blyk dit egter dat hierdie apies se manewales ‘n nuwe hoogtepunt bereik het vandat die studente terug is op kampus.

Jana Schlechter (21) ‘n honneurs joernalistiek en mediastudent, noem dat die apies veral by haar koshuis (Heide Dameskoshuis) ‘n probleem is.

Hoewel die blouapies op die NWU kampus ‘n groot probleem is, blyk dit dat daar nie tans ’n vinnige oplossing is nie.. Foto: Elsje-Marie Jordaan

“By Heide kom hulle in die voorportaal in en speel daar. Hulle kom in ons kamer in. In my eerste jaar is my drukker op die grond gegooi en my kos oopgeskeur. ‘n Mens weet wanneer daar ‘n apie in die koshuis is as iemand skree,” noem sy.

Schlechter vertel ook dat die apies baie mak en nie menssku is nie. Sodoende vat hulle meer kanse. “Die apies het al een van my vriendinne probeer gryp. Die beste is om nie oogkontak met hulle te maak nie.”

Johan Venter (21) wat tans sy nagraadse diploma in besigheidsbestuur by die NWU Besigheidskool doen, noem dat hy self al planne moes beraam om die apies uit sy koshuiskamer te hou.

Venter wat by Ratau Lebone Manskoshuis op die onderste vloer woon, noem dat hy wit plastieknet voor sy vensters moes opsit om die diefstal te keer.

“Daar was apies in my kamer toe ek in Klerksdorp was en omdat my deur gesluit was, kon niemand in my kamer kom om hulle weg te jaag nie. Die apies klim deur die diefwering, so ons moet ekstra draad span om hulle uit te hou.

“Hulle het ‘n hele pak muesli in my kamer gestrooi. Hulle dra nie elektroniese goed uit nie, maar hou daarvan om op ons beddens te speel. Hulle het ook van die ouens se kos uit die Primstoor gevreet. ‘n Mens gaan deur ‘n verlies as hulle jou kos oopskeur en vreet,” noem Venter.

“Ek het die harde muskietnet voor my vensters gespan om diefstal te keer, maar dit help ook om die apies uit te hou. As hulle hul hande deursteek en terugtrek, dan kry hulle seer en dit skrik hulle af. Ons HK stuur gereeld boodskappe op ons groep dat ons ons vensters moet toehou,” noem hy.

Volgens Venter is die apies ook op hulle ergste laat in die middae wanneer studente die buitelewe op kampus wil geniet.

“Dit is dan wanneer die apies by die asblikke en die bankies is wanneer mense sit en eet. Dit pla die meisies veral en dan hoor mens net hoe hulle gil en weghardloop,” sê hy.

Volgens NWU woordvoerder, Louis Jacobs is die probleem met die apies ‘n staande agendapunt tydens alle Potchefstroomkampusbestuurvergaderings. “Ongelukkig is daar geen vinnige oplossing vir hierdie probleem nie. Dit blyk ‘n probleem te wees wat in baie stede en dorpe regoor Suid-Afrika ervaar word,” noem hy.

Totdat daar ‘n besluit oor hierdie kwessie geneem is, bly die volgende in plek:

– Moenie naby die apies gaan nie, veral as een babas het.

– Moenie die apies voer nie.

– Moenie die apies uitlok deur vir hulle kos te wys en dit dan terug te trek nie – los hulle in vrede terwyl hulle buite is.

– Vullisdromme moet meer gereeld skoongemaak word. Indien hulle geboue of kantore binnegaan, skakel asseblief Beskermingsdienste.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button