“Ek is bekommerd oor my pa”
Dogter vra hulp om pa te vind

Daar word baie dringend gesoek na die 67-jarige Hans Erasmus.
Hy is gisteroggend die laaste keer in Potchefstroom gesien en is vermoedelik Parys toe. Hy was te voet en het moontlik ‘n saamry-geleentheid gekry.
Hy het nie ‘n selfoon by hom nie, en kan ook nie praat nie omdat hy sy stembande verloor het as gevolg van keelkanker.
Sy dogter is baie bekommerd oor hom.
As jy hom dalk gesien het of enige inligting het wat kan help om hom op te spoor, skakel asseblief sy dogter, Hendrien by 074 331 9085.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.