Jy kan al die bruggie sien
Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees. Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00. Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam …
Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees.
Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00.
Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam 106,7%.
Die watervlak van die Vaalrivier het vanoggend 26 Februarie om 06:00 3542 meter by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel gemeet nadat dit oor die 5m by die bruggie n week gelede gemeet is.
Die laagwaterbruggie is nou al sigbaar maar steeds nie oop vir verkeer nie. Watervloei by die laagwaterbrug het vanoggend op 2004,8 kubieke meter per sekonde gemeet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.