Comrades: Tara, Anina en Peter – ons hou duim vas!
Parysenaars oor die halfpadmerk


Vir Anina de Villiers en Tara Walmsley wat in die klere van Parys Multisport hardloop, is dit beide se tweede Comrades, terwyl Peter Muthubi in die klere van Nedbank, ook sy Comrades staal sal wys.
Die drie Paryenaars was onder die duisende Comrades-atlete wat vroegoggend by die Pietermaritzburg stadsaal weggespring het vir vanjaar se 96ste
Comrades-marathon. ‘n Uitmergelende 87,7km se afdraande tot by die eindpunt in Durban.
Sover gaan dit goed met die drie Parysenaars op die roete en is hulle alreeds met die plasing van hierdie berig oor die halfpadmerk gewees.

Tara langs die pad saam met Annemi, wat daar was om haar en Anina te ondersteun. Annemi sou ook vandag deelgeneem het, maar ‘n avulsiefraktuur aan haar enkel het haar Comrades-droom die afgelope week op die nippertjie gekelder.

Tara en Anina vroegoggend gereed vir vandag se Comrades.

Vandag is dit elkeen van die duisende atlete wat deelneem se eie ‘journey’. Maande se oefening, geloof en deursettingsvermoë wat in kilometers op die teer getoets word.




