Kampioen-span bring nog ‘n ligabeker huis toe
Parrys is trots op julle
Hoërskool Parys se o.15-rugbyspan het dit die afgelope naweek twee in ‘n ry gemaak toe hulle met ‘n skitterende oorwining oor Allen Glen geseëvier het om die Noordvaal-ligabeker huis toe te bring. Die wentelling was 28-12.
Dit was die eerste keer in 18 jaar dat Parys weer in die finaal gespeel het. Die laaste keer was in 2005.
Parys se o.15-rugbyspan was vroeër vanjaar ook die Valke Hoërskole ligawenners vir die tweede jaar agtereenvolgens toe hulle HTS Carel de Wet geklop het met ‘n wentelling van 35-5.
Die span wat Saterdag op die veld was, was Julio de Ponte, Maibongwe Nkalatya, Dewald van Schalkwyk, Kyle Kruger, Pieter Joubert, Nico Rust, Xander Pretorius, Franco Pretorius, Nicholas Carter, Durandt Fouche, AC Lewis, Henk Small, Heinrich van Niekerk, Jandré van Heerden, Caleb Butler, Ncheka Nceka, Rikus Potgieter, Leemisa Kutoane, Heinrich Nortje, Kevin Makgoe, Dregan Brink, Ethan Litchfield en Matthew Litchfield. Die span word afgerig deur Wiehan Viljoen en Roan de Milander.



