
Hoërskool Parys het vanjaar vier nuwe leerkragte. Hulle is Natalie Rosslee, Leanne Daniel, Chelandré Swart en Zenita Botha.
Natalie het grootgeword in Kroonstad en gematrikuleer aan Paul Sauer by Kareedouw. Sy het verlede jaar al begin ekstra klas gee
in Parys en is ‘n kranige tennisspeler wat op die Parys-tennisklub komitee dien.
Sy gee vanjaar wiskunde en EBW vir die graad 8’s van Hoërskool Parys.
Leanne Daniel is ‘n oudleerder van Hoërskool Parys en ‘n Parysenaar in murg en been. Sy gaan rekeningkunde vir graad 10, 11 en
12 gee, asook bedryfsekonomie vir die graad 11 C-klas.
Chelandré Swart kom van Vanderbijlpark waar sy aan die Hoërskool Transvalia gematrikuleer het. Sy sal English First Additional
Language vir die graad 8 tot 10 leerders gee.
Zenita kom van Potchefstroom en sal RTT vir graad 10’s en digitale tegnologie en lewensoriëntering vir die graad 8’s gee.