Local newsNews

Kapings een van die groot gevare op SA paaie

Sekuriteitstelsels in jou voertuig mag jou dalk help, maar jou waaksaamheid bly jou eerste en belangrikste linie van verdediging.

In Junie vanjaar was ‘n sakeman van Parys die slagoffer van ‘n kapingsdrama wat helder oordag op die N1 voor die Vaalrivier-brug gebeur het. Ses gewapende mans het hom nie net gekaap nie, maar ook ontvoer,  en van sy bakkie, gehuurde sleepwa, skootrekenaar, handwapen, horlosie, selfoon en beursie beroof.

Hy was een van die gelukkiges wat ongedeerd daarvan afgekom het, maar die realiteit is dat kapings een van die groot gevare op Suid-Afrikaanse paaie is – dikwels wanneer motoriste dit die minste verwag.

Volgens Charnel Hattingh, Groepshoof van Bemarking en Kommunikasie by Fidelity Services Group, is waaksaamheid  steeds die eerste en belangrikste linie van verdediging – of jy nou bestuur, parkeer of by die huis aankom.  “Jou voertuig se sekuriteitstelsels is net ’n rugsteun.

Hattingh beklemtoon eenvoudige wenke:

  • Wees bewus van jou omgewing – moenie jou radio so hard stel dat jy nie gevaar kan hoor nie. Sit jou foon neer en hou jou oë oop.

  • Vermy voorspelbaarheid – verander jou roetes en roetines gereeld.

  • Kyk uit vir voertuie wat jou sou volg – draai onverwags af en ry na ’n polisiekantoor of vulstasie indien nodig.

  • Moenie jouself vasdruk teen jou hekke nie – los spasie om te ontsnap as jy geblokkeer word.

  • Maak seker jou motor is gesluit – wees op die uitkyk vir afstandbeheer-onderbreking.

  • Installeer ’n betroubare nasporingstelsel – dit verhoog die kans om jou voertuig te herwin ná ’n diefstal of kaping.

 “Dit is nie maklik om kalm te bly wanneer jou geliefdes by jou is nie, maar ’n motor kan vervang word – ’n lewe nie” sê Hattingh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button