Op pas vir dié groot gat waarsku paaie departement
Motoriste is aangeraai om eerder alternatiewe roetes te gebruik omdat die pad nie veilig is nie.
Motoriste is deur die Gautengse Department van Paaie en Vervoer gewaarsku om die R500 naby Carletonville te vermy as gevolg van ‘n groot sinkgat waar volgens assessering meer as 80% van die padoppervlak ingeval het.
Die gedeelte van die pad is afgesper en is motoriste aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en ag te slaan op waarskuwingstekens op die pad.


Die departement het gewaarsku dat die pad hier nie veilig is om te gebruik nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



