Omgee-mense maak reg ter wille van motoriste
Die toestand van die pad was al n geruime tyd n groot bekommernis

Danksy die omgee van Hennie Taljaard, en sy span gelei deur JC Pretorius, is die skade aan die Schoemansdrift-pad in die Vredefort Koepel vanoggend herstel.
Die pad word al vir n geruime tyd as alternatiewe roete gebruik vir die R59 tussen Parys en Vredefort nadat n kontrakteur aangestel was om die gevaarlike slaggate te herstel.
Hoewel die kontrakteur al voor die Paasnaweek aan die R59 tussen Parys en Vredefort begin werk het, is die werk na weke steeds nie voltooi.
Die R59 dra swaar verkeer met veral vragmotors wat die roete gebruik as alternatief vir die N1.
Die Schoensdrift-pad is egter nie ontwerp vir swaar verkeer nie en is die pad ernstig beskadig as gevolg van die swaar reën vroeër vanjaar en verhoogde verkeer op die Schoemansdrift-pad.
“Dit is manne soos die, ondersteun deur Gert Jan Steyn en Swannie, wat opstaan en doen wat die regering al lankal moes doen.
Ons sê baie, baie dankie, ” het DA rdl Brendan Olivier gesê wat talle klagtes van die publiek oor die pad gekry het.




Foto’s: Brendan Olivier



