Local newsNews

Maak seker jy is die naweek by Parys se AfriDome vir ‘n fees van musiek

Twaalf kunstenaars sal vandag op die feesverhoog wees. Maak seker jy loop dit nie mis nie.

”n Fees van musiek wag die naweek op Parysenaars en besoekers by die AfriDome. Die fees val saam met die dorp se 150-jaar-feesviering en bied ‘n propvol program met iets vir elke smaak.

Die fees het reeds Vrydagaand afgeskop met voete-stamp-ritmes van tradisionele boeremusiek deur die Kroonwild-orkes.

Vandag, Saterdag 30 Mei, sal die feesverhoog skud met 12 topkunstenaars, waaronder Karlien Husselman, Anthony McGee, AndrƩ van der Rheede, Wilmari, Rick Charrit, LJ Upington se Kind, Etha, Garner Nel, Leroi Heunis, Nico Booijse en Amor Vittone.


Vir diegene wat die naweek op ‘n rustiger noot wil afsluit, is daar Sondag 31 Mei se gospel- en country-vertonings. Gospelsangers wat gehoor kan word, sluit in Reinier, Jeanri, Nico Booijse en Chris Coetzer. By die country-fees kan Suzette Jacobs, Landee, John Morland, Anne-MariĆ© en Cecilia Jane gehoor word.

Van die kunstenaars wat by die musiekfees sal optree. Foto: Verskaf
Van die kunstenaars wat by die musiekfees sal optree. Foto: Verskaf


Hoogtepunte


Buiten die musiek is daar hope opwinding vir die hele gesin. Vanjaar se hoogtepunte is die Mnr. en Mej. AfriDome-kroning en ‘n sangkompetisie met die wenner wat die ongelooflike geleentheid kry vir ‘n opname van een liedjie, ‘n musiekvideo en ‘n jaar se bestuur en bemarking. Besoekers kan ook uitsien na talle ander verrassingspryse en kompetisies wat deur die loop van die drie dae aangebied word.

Saterdagaand om 20:00 sal een gelukkige feesganger wegstap met ‘n R2 000 kontantprys, en al wat jy moet doen om ‘n kans te staan om te wen, is om teenwoordig te wees met die trekking.


Met heerlike kosstalletjies en unieke uitstallers beloof dit om ‘n naweek vir die boeke te wees. Meer as 80 uitstallers en hope kindervermaak, waaronder springkastele, ‘n meganiese bul vir oud en jonk, gesigverf, ponieritte, ‘n petting zoo en vele meer, wag op feesgangers.
Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar.


Navrae


Vir navrae skakel 066 489 3242.


Deel die warmte


Die gemeenskap word aangemoedig om ook deel te neem aan die spesiale winter-hulpprojek om Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) te ondersteun. Feesgangers word gevra om asseblief komberse (nuut of gebruik), blikkieskos of nie-bederfbare voedsel saam te bring. ‘n Aflaaipunt sal by die verhoog wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button