Ure se omgee vir hospitaal se pasiënte

Saam-saam word hier gehelp om die Ongevalle-afdeling van Parys Distrik-hospitaal se mure en plafonne te verf.

Na hul skof by Parys Mica het van die Mica-personeel weer vanmiddag moue opgerol om personeel van Parys Distrik-hospitaal te help om die hospitaal se Ongevalle-afdeling se mure en plafonne te verf. ‘n Ongelooflike inisiatief en omgee-ure om ‘n verskil te maak.

Wat sedert verlede Vrydag hier by die hospitaal gesien is waar die hospitaalpersoneel en Mica-personeel saamgewerk het om ‘n verskil te maak, gaan ‘n verskil maak vir elke pasiënt wat dié hospitaal se Ongevalle-afdeling besoek.

‘n Storie van omgee

Die hospitaalpersoneel wou graag die Ongevalle-afdeling weer netjies en mooi maak vir pasiënte, en is by Mica Parys aangeklop vir hulp met die verf.

Die personeel se geesdrif was so aansteeklik dat Mica Parys nie net gehelp het met wat nodig was nie, maar self ook na werk kom hand bysit het met die verwery. Van die begin af het Mica Parys en sy personeel die projek help verwesenlik. So het vele hande ligte werk gemaak – verlede naweek, maar ook vandag.

‘n Groot dankie

Die projek is gekoördineer deur Desmond Radebe, Gesondheid- en Veiligheidsbeampte by Parys Distrik-hospitaal, en Mitchell Gilliland, en verdien die hospitaal-personeel en Mica personeel ‘n groot dankie vir die inisiatief wat geneem is.

Hospitaalpersoneel werk dikwels in moeilike omstandighede, maar ‘n omgee-gemeenskap waar hande gevat kan word, maak ‘n wêreld se verskil.

Die foto’s hieronder is verlede Vrydag geneem.

Personeel van Parys-hospitaal en Mica Parys het hande gevat om 'n verskil te maak in die hospitaal se Ongevalle-afdeling. Foto: Verskaf
Personeel van Parys-hospitaal en Mica Parys het hande gevat om ‘n verskil te maak in die hospitaal se Ongevalle-afdeling. Foto: Verskaf
Die hospitaalpersoneel het hard gewerk om op eie inisiatief 'n verskil te maak. Foto's: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button