Local newsNews
Noodlottige vliegongeluk op R54
Meer besonderhede oor wat aanleiding gegee het tot die tragiese ongeluk is nog nie bekendgemaak nie.
‘n Ligte vliegtuig het vroeër vanmiddag (Saterdag 27 Junie) op die R54 naby die Vereeniging/Fochville afrit neergestort.
Volgens inligting is twee mense in die ongeluk oorlede, maar is geen verdere besonderhede oor die voorval nog bekendgemaak nie.
Verskeie nooddienste is na die toneel ontbied waaronder Gauteng EMS en ER24.
Die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die ongeluk sal deur Burgerlugvaart ondersoek word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



